Year Theme / Jaartema 2019

 

Vanjaar is Klein Boishaai se “Man Up” jaar. Ons lewe tans in ‘n wêreld wat gekenmerk word deur gemaklikheid, onmiddellike bevrediging, gebrekkige vasberadenheid, selfsugtigheid en ‘n ongesonde verbruikerskultuur. Dit maak ons as opvoedkundiges bekommerd oor die jeug, maar ook opgewonde oor ons opvoedingstaak. Ons weet die jeug gaan in ‘n wêreld met beperkte hulpbronne moet leef wat groot uitdagings gaan veroorsaak. Ons weet dat die wêreld innoverende denkers nodig gaan hê wat bereid is om te waag en met toewyding hul drome kan verwesenlik. Meer as ooit tevore gaan dit nodig wees om die vaardigheid van gesonde sosialisering en begrip van ander se kulture aan te leer, want ons lewe met die wêreld op ons voorstoep. Die wêreld het nou vasbyters nodig. Manne wat opstaan as hulle faal en weer probeer. Manne met durf. Manne met ‘n onwrikbare geloof, manne wat nooit tou opgooi nie, wat weet dat hulle kan omdat hulle glo dat hulle kan. Daarom gaan ons dit vanjaar ons missie maak om ons seuns die waarde van ‘n “Man Up-gesindheid” te leer.
We will focus on the values Courage, Commitment, Resilience and Perseverance throughout the year to reach our aim
.

Our school's sponsors:

(Visited 48,019 times, 20 visits today)
Skip to toolbar