HENCO BESTER - NEW HEADMASTER OF PAARL
BOYS' PRIMARY SCHOOL
_small.jpg)
Mnr.
Bester is ‘n oud-Paarliet wat sy onderwys-kwalifikasie aan die Boland Onderwys
Kollege voltooi het. Hy het ook sy B.ED Honeurs in Onderwysbestuur aan die
Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy was Departemenshoof by Laerskool
Eversdal en was die afgelope paar jaar verbonde aan Laerskool De Hoop in
Somerset-Wes waar hy as Adjunkhoof aangestel is. Mnr. Bester is lief vir alle
sportsoorte, maar het goeie ervaring in die afrigting van rugby en swem. Sy
ander belangstellings is duik, hengel en lees, maar hy is ook baie talentvol op
die verhoog en het al in ‘n studente-produksie by die KKNK opgetree.