FORUMS

WEBMAIL

 Our school's sponsors:

Home Up

 

Alle o.7 en o.8-leerders word in ons vaardighede-sessie aan die einde van die skooldag afgerig. Daar is ook ‘n sessie geskep waar spanafrigting plaasvind. ‘n Groot groep o.9-spelers speel krieket. Hierdie groepe het aan verskeie toernooi deelgeneem en goeie uitslae behaal. Vir die nie-spanspelers bied ons self klein toernooitjies aan waar hul teen mekaar speel.

Met die o.9-span so vol entoesiasme kan dit nie anders dat hierdie groep seuns moes presteer nie. Daar is baie geoefen en aan verskeie toernooie deelgeneem. Elke seun se vaardigheidsvlakke het mooi verbeter.

Die entoesiastiese o.11-groep het twee ligaspanne wat op ‘n gereelde basis wedstryde speel. Albei spanne speel goeie krieket en het dus goeie rekenskap van hulself gegee.

Hier is ‘n paar spelers om dop te hou in die toekoms!

‘n Groot getal o.13 spelers het aan krieket deelgeneem. Daar het twee ligaspanne aan verskeie wedstryde deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt. Die spelers wat nie in die ligaspanne gespeel het nie, het in ‘n sosiale liga onder mekaar wedstryde gespeel. Die o.13A-span het ‘n seisoen met gemengde sukses gehad ten spyte van die harde werk en entoesiasme van beide spelers en afrigters.
 

Ons is opreg trots op ons krieketspelers wat  ondanks die warm son so gereeld oefeninge bywoon en altyd hul beste gee! Ons spelers word gelukgewens vir hul toegewydheid tydens oefensessie en wedstryde asook vir hul gedrag op en langs die veld. Die entoesiasme waarmee die spelers geoefen het, het op die veld gereflekteer in die seuns se professionele optrede in alle fassette van die sport.

 

Send mail to postmaster@paarlboysp.co.za with questions or comments about this web site.
Copyright © 2009 Paarl Boys' Primary School
Last modified: 11/28/11