FORUMS

WEBMAIL

 Our school's sponsors:

Home Up

 

KLEURE BYEENKOMS

Die byeenkoms was hierdie jaar vol verrassings.

 ‘n Hele paar rekords t.o.v. die velditems en baanitems is verbeter. Hierdie jaar het ons meer rekords gehad in die baanitems as in die verlede.  Die atlete het almal vir hulle kleurgroep deelgeneem en dit was baie opwindend om al die leerders by die velditems betrokke te kry.

 By die baanitems was dit ongelooflik hoe baie talent ons seuns  getoon het. Aan die einde van die dag was dit die WIT- span wat die byeenkoms gewen het. 

 Ons het hierdie jaar baie leerders gehad wat deelgeneem het aan die sone byeenkomstes sowel as die Boland kampioenskappe.  Vir die eerste keer in jare het daar 20 leerders van ons skool aan Boland kampioenskappe deelgeneem.

 PAARLSONES

Ons het hierdie jaar 35 leerders gehad wat aan die Paarlsones deelgeneem het en almal van hulle het gevorder tot by die Paarl Finale.  Dertig van ons seuns is deur tot by die Sentraal Boland atletiek byeenkoms.

BOLAND SENTRAAL

Ons atlete het skitterend uitgeblink by hierdie byeenkoms.  Die uitslae was as volg:

Jacques De Villiers:                 3de - in 60m en 80m

Jermaine Isaacs:                     2de - verspring
                                           3de - 80m en 2de 100m

Justin Isaacs:                           1ste - verspring
                                             2de - 70m hekkies
                                             2de - 80m en 3de 100m

Duren Hoffman:                      2de - verspring en 4de 150m

Urgene Johannes:                   1ste - 100m, 200m en verspring

Athi Magwala:                         1ste - gewigstoot

Khanya Ncusane:                    1ste - 200m hekkies
                                           2de - 80m hekkies

Arron Samuels:                        4de - 200m

DA Smuts:                              4de - diskus

Theunis Briers:                        4de - gewigstoot

o.11 Aflosspan:                       Jermaine, Justin, Jade en De Villiers – 1ste

o.13 Aflosspan:                       Urgene, Arron, Athi en Khanya – 1ste

BOLAND KAMPIOENSKAPPE

By die Boland Kampioenskappe het ons ‘n hele paar deelnemers gehad wat die dag goed gevaar het.  Die atlete het spontaan en met volle ywer deelgeneem aan die byeenkoms.

 

Die atlete wat deelgeneem het was: Athi Magwala, Khanya Ncusane, Urgene Johannes, Jacques de Villiers, Duren Hoffman, Justin Isaacs en Jermaine Isaacs.

WES - KAAP  KAMPIOENSKAPPE

Die volgende leerders is gekies vir die Bolandspan wat aan die Wes – Kaap Kampioenskappe by die Universiteit van Kaapstad deelgeneem het. 

 Jermaine Isaacs             
Justin Isaacs
Khanya Ncusane
Urgene Johannes

Athi Magwala

SUID – AFRIKAANSE KAMPIOENSKAPPE
Hierdie jaar het twee seuns deelgeneem aan die Nasionale Kampioenskappe wat in Johannesburg gehou is.  Dit was egter ‘n groot ervaring vir ons twee jong seuns.   Jermaine het in die 100m finaal ’n pragtige 5de plek behaal.  Justin het aan die 80 m deelgeneem en ‘n 3de plek behaal in die finaal.

TWEEKAMP
Hierdie jaar het ons seuns weer uitstekend gevaar by Boland tweekamp.  Die volgende seuns het deelgeneem aan die Interprovinsiale byeenkoms te Oudtshoorn, waar hulle teen 6 ander provinsies deelgeneem het.

Bob Fick achieved a bronze medal at the championship.

Henry le Roux was chosen to represent the Boland team at the National Championships in PE.

It really was a great season for the boys.

 

Send mail to postmaster@paarlboysp.co.za with questions or comments about this web site.
Copyright © 2009 Paarl Boys' Primary School
Last modified: 11/28/11